Dis heerlik in die Boland. Die Witstinkhoutboom se takke is nog kaal , en die meeste van die Herfsblare is opgetel om deel van die nuwe seisoen se kompos te raak. Die vink sit sowaar alweer bo in die boom op een van die kale takke en roep ywerig na 'n wyfie. Klink vir my taamlik desperaat as
hy al so vroeg moet begin- is seker waar van 'the early bird' - hierdie ene wil i.p.v. wurms, 'n verelyfie vang!
Sulke loom-lekkerlui dae is van die bestes. Die Winter is hier, maar ons word bederf met lente-herfs se warmte , Die saadjies in die koue grond kan nog waterdrink na hartelus, terwyl ek die nuwe groei van die eerste lentedae al kan 'hoor' :) Dis so lekker om al langs die blombeddings te stap op die gras se wintergroei, Die bruin herfsblare wat nog rondwaai iwanneer die Suidoos ons besoek het rus gekry op die gras, ja, van boom na gras na grond.....Dis tyd om te begin met aandete, maar ek is sommer kwaad vir die bure wat mis gestrooi het, want alles ruik daarna....tot ek my spore op die mat sien! Van die voordeur, deur die woon/sitkamer, oral op die kombuisvloer...Die Staffies se hondemis en die verrottende blare was eenders van kleur, maar nie eenders van geur!
So.o Vloereskrop, hier kom ons!
No comments:
Post a Comment