So ja, dis winter, maar die blare in die straat lyk soos Herfs! Ons kaggelvuur brand die grootste deel van die dag - ons spaar GROOT op elektrisiteit- en die reën maak die tuin nat, so waterrekening is ook uitge'sort' :) Julie maand is tyd vir Namibië met soetwyn langs die kampvuur, gedrink uit onse blikbekertjie ( is nie so seker dat al die mans soetwyn gegooi het nie- die witblits in die bottel sak BAIE vinnig! ) Dan is dit ook Jagtyd en Visvangtyd , met Skoonma wat die viskuie vieserig aanskou as dit by skoonmaak kom, om nie eers te praat van die blink skubbe wat die wêreldvol skiet en vasplak soos 'n neet op elke stukkie beskikbare vel, waarvan Skoonma baie het, aangesien sy son en 'tan' gelykstel aan die kentekens van ', vakansie by die spa. Nou-ja , wat gebeur het met die jag - bloed en mis agterop die bakkie, en almal moet styfstaan en vastrap- ja, dit bly 'n familiegeheim ( as ek deel van die familie wil bly! )
In die tuin is die meeste van ons bolle geplant en staan heelwat groen spriete soos soldaadjies penorent teen die koue en reën. Dis wonderlik hoe elke plant in die natuur geskape is om te groei en gedy in elkeen se spesifieke omstandighede- vir my te koud, maar vir die bolle- net reg!
Op die sportvelde blaas die fluitjies, eers was dit rugby, nou hokkie. Pappa's en Mamma's wat op en af langs die baan hardloop, of koulik buite die klubhuis onder die afdak staan en die 'foamilite'bekertjie met warm koffie styf vashou- met die hoop dat daar bietjie warmte by hul verkluimde vingers binne die 'designer'handskoene sal uitkom- dis KOUD in die Boland as die reën ophou en die windjie vanoor die berg jou wange verkluim.
Ons gaan hou vakansie Die hond kan nie saam, so ek moet nog 'n honde-oppasser soek, klere was EN droog kry terwyl dit buite sous , inpak . . en die ding wat ek uitstel. . . WAT sit ek in vir peuselkos op die lang rit- moet ek REGTIG begin bak ? Dink ek gaan gou kyk of een van die winkels naby nie SPECIALS het op koek en beskuit nie :)
Geniet die winter , hoe die natuur ookal by jou in die winter lyk ' Enjoy the flow' en slaap meer, kruip diep in lae winterklere, maak jou bed warm voor jy inklim- manlief werk net so goed as die warmwatersak, as jou voete verkluim is- die verskil is net die paar suiwere nuwe woorde wat jy byleer as jy vir manlief as voetverwarmer gebruik !! Nature is the perfect barometer for mankind's lifestyle Seën en wintervreugde vir jou en almal waaraan jy kan dink! ;)