Sjoe! - en hier vee ek nou eers die denkbeeldige sweet van my voorkop af :) -
Ja, dis die sleg van Interskole tussen die 2 spanne,maar ons seuns leer van druk verwerk , en hierdie basis bou ons provinsiaale spanne ! Geluk aan die spanne wat gewen het , sterkte aan die spanne wat verloor het en gebruik die wenspanne se louere om jul te motiveer vir 2012. As (gedeeltelike)buitestaander is dit 'n plesier om te sien dat ou tradisies bly staan terwyl nuwes gevorm word, ek geniet die opbruising van jong lewenslus- ook onder die 'ouer' garde - en sien uit na die dag as my kleinkinders deel kan wees van Interskole. ( Moet nog net eers genoemde kleinkinders aanvra deur (baie) verlangs te skimp! )
Groetnis
Dit was 'n naelbytlekker wedstryd om na te kyk- selfs ek wat eintlik liewers Hokkie as Rugby sal kyk, kon nie wag dat die fluitjie moet blaas vir die einde van die wedstryd nie- ekself het al te veel kere gesien hoe die wedstrydpunte in die laaste 3-5 minute van die verloorkant na die wenkant swaai. Die keer wat ek die beste onthou, was die jaar toe Gim vir Kosie en Graham
op vleuel had , met Dalkeith as die ene wat die balle moet voer. Boishigh dek vir arme Dalkeith van al 4 windrigtings en die balle kom nie by Gim se windhonde uit nie.... Die res van die span SPEEL en Gim hou kop bo water, met so 'n laaste kortkoppie-skoppie net voor die einde, MAAR op die nippertjie maak Gim 'n 'over eager' foutjie en Boishigh klits die bal tussen die pale deur. . Ai!! Een punt swaai Interskole wen na. . .Interskole verloor !! :(
Die lekkerte van die volgende jaar se wen- toe Gim ook , soos nou, volgens statistieke GEEN kans gestaan het nie, was dubbel so soet !! Ek sien die oud-Gimmies van daardie jaar dra T-hemde met die puntestand agterop - Hulle MAG maar!! Ook 'n GROOT dankie aan hulle, die wraak was soet :(Ja, dis die sleg van Interskole tussen die 2 spanne,maar ons seuns leer van druk verwerk , en hierdie basis bou ons provinsiaale spanne ! Geluk aan die spanne wat gewen het , sterkte aan die spanne wat verloor het en gebruik die wenspanne se louere om jul te motiveer vir 2012. As (gedeeltelike)buitestaander is dit 'n plesier om te sien dat ou tradisies bly staan terwyl nuwes gevorm word, ek geniet die opbruising van jong lewenslus- ook onder die 'ouer' garde - en sien uit na die dag as my kleinkinders deel kan wees van Interskole. ( Moet nog net eers genoemde kleinkinders aanvra deur (baie) verlangs te skimp! )
Groetnis
No comments:
Post a Comment