Hello almal. Gaan ons weer 'n heerlike winter hê? O ja, definitief- rëen teen die ruite, kaggelvuur en rooiwyn- my glas sal maar gevul word met gesonde suurlrmoensap en bruinsuiker opgelos in kookwater. Heerlik uit 'n 500ml bierbeker!! Terwille van die heupe se massa lê my besluit tussen 'n lekker sny brood, dik gesmeer met konfyt/botter/biltong en die genoemde glas, of 6, rooiwyn :) Vir my wen brood loshande!!
Die Witstinkhoutboom voor my deur se blare is amper als af- wat beteken iemand, lees..die uwe.. moet op die platdak langsaan klim en die blare uit die nou gleufie tussen die dak van die aanbouing en die oorspronklike dak uitstoot en karring, sodat die reën hul regmatige roete kan volg:)
Al wat 'n werksoekende is wat by ny tuinhek verby loop, sien dadelik die geel en bruin blare onder die boom en in die oprit as die opraap van 'n vinnige paar R10'e Vir my is dit so deel van die tot rus kom van my tuin en die welbehaaglikheid van geheime verwikkelinge in voorbereiding vir Lente- en hul kan nie verstaan dat ek tevrede is met die blare wat rondwaai en die water wat opdam en die grond wat nat bly nie!! Heerlike winter :)
Dis nou die tys waar dinge ondergronds begin gebeur en in my gees kan ek, as ek my oor op die grond sit , en versigtig asemhaal, hoor hoe die grond hernuwe word Dis 'n gewoel en gewerskaf van al die onnoemlike en onuitspreeklike name-goeters wat werk, soos die Baker's man se werkers in die fabriek!! Die resultate is in my affodille se groen sprietjies wat begin uitsteek en al die ander nuwe groei wat lê en wag om blink gepoets te word vir hul 'coming out' in die Lente .
Die sonnetjie skyn nou skaam-skaam en met dankbare hart gaan ek gou my hekelwerkie uithaal en buite sit om my te verlustig in my bruin,geel en donkergroen tuin, wat , al dink ander dis verwaarloos, vir ny 'n tuin van moontlikhede en vernuwing is.:)
Mag jou tye van winter koue, ook nuwe lewe voortbring. Ek weet die Lewe is aan die werk in ons , en Hoop bring insig , met Geduld en Wag op Hom wat ons leer van Vertrou op Hom.

No comments:
Post a Comment