Tuesday, 10 July 2012

SEISOENE - winterlekkerte

So ja, dis winter, maar die blare in die straat lyk soos Herfs! Ons kaggelvuur brand die grootste deel van die dag - ons spaar GROOT op elektrisiteit- en die reën maak die tuin nat, so waterrekening is ook uitge'sort' :) Julie maand is tyd vir Namibië met soetwyn langs die kampvuur, gedrink uit onse blikbekertjie ( is nie so seker dat al die mans soetwyn gegooi het nie- die witblits in die bottel sak BAIE vinnig! ) Dan is dit ook Jagtyd en Visvangtyd , met Skoonma wat die viskuie vieserig aanskou as dit by skoonmaak kom, om nie eers te praat van die blink skubbe wat die wêreldvol skiet en vasplak soos 'n neet op elke stukkie beskikbare vel, waarvan Skoonma baie het, aangesien sy son en 'tan' gelykstel aan die kentekens van ', vakansie by die spa. Nou-ja , wat gebeur het met die jag - bloed en mis agterop die bakkie, en almal moet styfstaan en vastrap- ja, dit bly 'n familiegeheim ( as ek deel van die familie wil bly! )
In die tuin is die meeste van ons bolle geplant en staan heelwat groen spriete soos soldaadjies penorent teen die koue en reën. Dis wonderlik hoe elke plant in die natuur geskape is om te groei en gedy in elkeen se spesifieke omstandighede- vir my te koud, maar vir die bolle- net reg!
Op die sportvelde blaas die fluitjies, eers was dit rugby, nou hokkie. Pappa's en Mamma's wat op en af langs die baan hardloop, of koulik buite die klubhuis onder die afdak staan en die 'foamilite'bekertjie met warm koffie styf vashou- met die hoop dat daar bietjie warmte by hul verkluimde vingers binne die 'designer'handskoene sal uitkom- dis KOUD in die Boland as die reën ophou en die windjie vanoor die berg jou wange verkluim.
Ons gaan hou vakansie Die hond kan nie saam, so ek moet nog 'n honde-oppasser soek, klere was EN droog kry terwyl dit buite sous , inpak . . en die ding wat ek uitstel. . . WAT sit ek in vir peuselkos op die lang rit- moet ek REGTIG begin bak ?  Dink ek gaan gou kyk of een van die winkels naby nie SPECIALS het op koek en beskuit nie :)
Geniet die winter , hoe die natuur ookal by jou in die winter lyk ' Enjoy the flow' en slaap meer, kruip diep in lae winterklere, maak jou bed warm voor jy inklim- manlief werk net so goed as die warmwatersak, as jou voete verkluim is- die verskil is net die paar suiwere nuwe woorde wat jy byleer as jy vir manlief as voetverwarmer gebruik !!   Nature is the perfect barometer for mankind's lifestyle  Seën en wintervreugde vir jou en almal waaraan jy kan dink! ;)

Saturday, 9 June 2012

TRUST/VERTROU

Hello almal. Gaan ons weer 'n heerlike winter hê? O ja, definitief- rëen teen die ruite, kaggelvuur  en rooiwyn- my glas sal maar gevul word met gesonde suurlrmoensap en bruinsuiker opgelos in kookwater. Heerlik uit 'n 500ml bierbeker!! Terwille van die heupe se massa lê my besluit tussen 'n lekker sny brood, dik gesmeer met konfyt/botter/biltong en die genoemde glas, of 6, rooiwyn :) Vir my wen brood loshande!!
Die Witstinkhoutboom voor my deur se blare is amper als af- wat beteken iemand, lees..die uwe.. moet op die platdak langsaan klim en die blare uit die nou gleufie tussen die dak van die aanbouing en die oorspronklike dak uitstoot en karring, sodat die reën hul regmatige roete kan volg:)
 Al wat 'n werksoekende is wat by ny tuinhek verby loop, sien dadelik die geel en bruin blare onder die boom en in die oprit as die opraap van 'n vinnige paar R10'e  Vir my is dit so deel van die tot rus kom van my tuin en die welbehaaglikheid van geheime verwikkelinge in voorbereiding vir Lente- en hul kan nie verstaan dat ek tevrede is met die blare wat rondwaai en die water wat opdam en die grond wat nat bly nie!! Heerlike winter :)
Dis nou die tys waar dinge ondergronds begin gebeur  en in my gees kan ek, as ek my oor op die grond sit , en versigtig asemhaal, hoor hoe die grond hernuwe word  Dis 'n gewoel en gewerskaf van al die onnoemlike en onuitspreeklike name-goeters wat werk, soos die Baker's man se werkers in die fabriek!! Die resultate is in my affodille se groen sprietjies wat begin uitsteek en al die ander nuwe groei wat lê en wag om blink gepoets te word vir hul 'coming out' in die Lente .
Die sonnetjie skyn nou skaam-skaam en met dankbare hart gaan ek gou my hekelwerkie uithaal en buite sit om my te verlustig in my bruin,geel en donkergroen tuin, wat , al dink ander dis verwaarloos, vir ny 'n tuin van moontlikhede en vernuwing is.:)
Mag jou tye van winter koue, ook nuwe lewe voortbring. Ek weet die Lewe is aan die werk in ons , en Hoop bring insig , met Geduld en Wag op Hom wat ons leer van Vertrou op Hom.

Thursday, 15 March 2012

Hi there, What a lovely warm- read;HOT + sweltering- day :) 4 degrees less than yesterday's 36 !! But this small mercy gives every bird and unknown ? unappreciated animal and insect in my garden a welcome respite!  It is that time of year when the plants in my garden are looking tacky from wind and heat abuse , but it is not yet cool enough to plant them out in a better spot than the one they are in. The problem is that the trees in the garden either grew too high and we have shade over sun loving plants, or, I hacked off too many branches early one morning , when I just was fed up with too many thick, leavy branches, and now the shade loving plants have brown leaves and green tips ! It goes without saying, that where there is life, albeit only a little at the top, I am loath to pluck it out. :( 
Now, I stay inside , take up all the back copies of my favourite gardening magazines, and even the left over gardening books from Granny's bookshelf, ( she will be 90 in May) , yes, anything that may breed inspiration and excitement ! So I start planning new hanging baskets for April/May and also new colour combinations in pots, writing down names and blooming times and heights and growing preferences.
That done, I can relax, feeling rejuvinated at achieving something lasting to build on in April, and having new energy for the next step in my day- starting with dinner before Hubby gets home. So, after dinner I open the drawer to file this important pieceof paper under ' GARDENING: April' , and lo and behold,; a near identical piece of paper stares me in the face - done last year , and never looked at again !

Even so, the exercise was worth the effort for the energy surge  and sense of achievement I got from it. Now when I look at those dreary hanging baskets, I can choose to see colour and life in my mind's eye.
ENJOY YOUR GARDEN