Tuesday, 12 March 2013


Wat 'n fees! Etenstyd is dit suikerbekkies net waar jy kyk! :) Hulle sit sowaar soos opgevoede restaurantgangers en wag op mekaar om klaar te drink! Uit noodweer het ek gou die drinkplekkie aanmekaar geslaan. Dis wat ek vinnig in die hande kon kry; 'n botteltjie water- wat sumier uitgedrink is om plek te maak vir die suikerbekkie-sappies, 'n stuk tou, die ou, vergete koeldrank strooitjie, sommer na gedagte korter geknip en 'n gaskoeldrank-die soort wat *A..a,,a! maak as jy dit klaar gedrink het, se bottel'wrapper'- gevou, gat in gesny en soos rompie oor die prop getrek sodat die rooi gedeelte boontoe wys. Die gaatjie vir die strooitjie is gemaak met die skerppunt van 'n mes (geboor/draai tot die opening groot genoeg is dat die strooitjie knus daarin pas)- net onder die prop . Vul die bottel met oplossing- halwe koppie suiker, 2 koppies water; dus 1:3 verh. Maak seker die water loop nie uit by die strooitjie deur dit boontoe te buig. Die tou word geknoop soos op die prentjie. Nou vlieg die suikerbekkies  terwyl hul drink en as hul moeg word, sit hul sommer bo-op die strooitjie en druk hul snawels diep tot in die hart van die bottel. 
The Sugarbirds do not mind to wait on one another, so be patient and enjoy every Sugarbird that comes into your garden. They swoop and circle, thrill and sing and blesses me   with their beauty .        

No comments:

Post a Comment